Baljaar in die Bosveld
Opsoek na ‘n rustige toevlug waar die stad se gedruis stilraak en die natuurskoon jou saggies omvou? Bass Lake Country Lodge-karavaanpark is slegs 30 km buite Pretoria geleë en is die ideale bestemming vir ‘n wegbreek van die alledaagse. Gooi ‘n lyn uit vir bass of kurper, maak geselsies om ‘n kampvuur, of skink vir jouself ‘n skemerkelkie terwyl die middagson se laaste strale speels oor die dam dans. Van wild- en voëlkyk tot swem, stap en smullekker etes by Spencer’s Restaurant, elke oomblik bied rus vir die siel en ‘n fees vir die sintuie.
Kampstaanplekke
|
Ons het 34 ruim 12 ×12 m staanplekke beskikbaar, elk met sy eie kragpunt en watervoorsiening. Elke staanplek is toegerus met ‘n boma en verskuifbare braaier, sodat jy en jou gesin in privaatheid kan ontspan en die rustigheid van die bosveld ten volle kan geniet.
Ons ablusieblokke is netjies, modern en ingerig vir die hele gesin se gemak. Dit beskik oor skoon en goed onderhoude familiebadkamers, asook ’n dames-voorbereidingsarea met spieëls, kragpunte en sitplek vir daardie ekstra bietjie gerief. Die blokke word daagliks tussen 06:00 en 21:00 skoongemaak en is rolstoelvriendelik, met staanplekke 28, 29 en 30 wat spesiaal vir rolstoelgebruikers ingerig is.
Ons standaard kampregulasies is nie klippe in jou skoen nie, maar eerder praktiese riglyne wat ‘n aangename en ryker ervaring vir al ons gaste verseker. Die bosveld se naggeluide word bo oor harde musiek verkies, en ons vra dat elke gas die ongerepte sjarme van die natuurskoon nie net bewonder nie maar ook ten volle respekteer.
VAN
PER NAG
Wild Whisper-Privaatkamp
|
Wild Whisper bied ’n elegante, selfversorg bosveldwegbreek waar jy die natuur in sy volle luuksheid kan beleef. Die privaatkamp beskik oor twee slaapkamers, elk met ‘n koningin-grootte bed en 2 enkelbeddens. Elke kamer spog ook met sy eie badkamer.
’n Privaat plonspoel en ’n boma met eenvoudige kombuisgeriewe skep die ideale ruimte om te ontspan, terwyl die volledig toegeruste kombuis (met gasstoof, yskas/vrieskas, mikrogolfoond en breekware) perfek is vir selfversorging.
’n Knisperende kaggel en ’n braaiplek nooi almal saam vir gesellige aandure onder die sterre. Hier kan jy die perfekte balans tussen natuur en gemak geniet.
VAN
PER NAG
Boskamp
|
Op soek na ’n privaat wegbreekplek vir jou familie of vriendegroep? Die Boskamp bied ’n luukse kampeerervaring, net ’n klipgooi van die karavaanpark af.
Heirdie kampeerterrein fasiliteer tot 12 gaste en 3 voertuie, en is toegerus met elektriese kragpunte, waterpunte en ’n netjiese bosbadkamer. In die middel van die staanplek strek ’n groot boom sy takke oor die kamp, perfek vir luilekker middae in die koelte.
Omring deur die bos se stilte, die oggend se voëlgesang en die glinster van die naghemel, is dit die ideale wegbreekplek vir diegene wat die natuur ongesteurd wil waardeer.
VAN
PER NAG
Bass Lake Doendinge
Bird Watching
Fishing
Picnics
Saturday Cakes
Wildlife Viewing
Hiking and Running
Pool and Games
Photography
Pause Spa
Spencer’s Resturant
Heerlike Bygeregte
SLEGS BESKIKBAAR VIR KAMPEERTERREIN-INWONERS
Maak jou braai ’n plesier met vars voorbereide bygeregte van Spencer’s Restaurant. Van voedsame stysels tot bros groente en geurige slaaie vul ons bygeregte jou vuurgebraaide disse perfek aan. Bestel net drie dae vooruit en ons lewer dit direk by jou staanplek af.
Heerlike Bygeregte
Aankoms-kerrie en Rys
SLEGS BESKIKBAAR VIR KAMPEERTERREIN-INWONERS
Arriveer, pak uit en ontspan, ons sorg vir aandete. Spencer se kenmerkende Aankoms kerrie en Rys is beskikbaar as wegneemete vir net R59 en bied vir jou ’n stewige maaltyd sonder die moeite om op jou eerste aand te kook.
Aankoms-kerrie en Rys
Teken in vir ons Nuusbrief
Moet nie laat die vangs van die dag wegswem nie! Kry spesiale tariewe op akkommodasie, spa-behandelings en kulinêre bederfies per e-pos.