Ons het 34 ruim 12 ×12 m staanplekke beskikbaar, elk met sy eie kragpunt en watervoorsiening. Elke staanplek is toegerus met ‘n boma en verskuifbare braaier, sodat jy en jou gesin in privaatheid kan ontspan en die rustigheid van die bosveld ten volle kan geniet.
Ons ablusieblokke is netjies, modern en ingerig vir die hele gesin se gemak. Dit beskik oor skoon en goed onderhoude familiebadkamers, asook ’n dames-voorbereidingsarea met spieëls, kragpunte en sitplek vir daardie ekstra bietjie gerief. Die blokke word daagliks tussen 06:00 en 21:00 skoongemaak en is rolstoelvriendelik, met staanplekke 28, 29 en 30 wat spesiaal vir rolstoelgebruikers ingerig is.
Ons standaard kampregulasies is nie klippe in jou skoen nie, maar eerder praktiese riglyne wat ‘n aangename en ryker ervaring vir al ons gaste verseker. Die bosveld se naggeluide word bo oor harde musiek verkies, en ons vra dat elke gas die ongerepte sjarme van die natuurskoon nie net bewonder nie maar ook ten volle respekteer.
Naweke
Inklok
Uitklok
Midweek
Inklok
Uitklok
Skoolvakansies
Inklok
Uitklok