Wild Whisper bied ’n elegante, selfversorg bosveldwegbreek waar jy die natuur in sy volle luuksheid kan beleef. Die privaatkamp beskik oor twee slaapkamers, elk met ‘n koningin-grootte bed en 2 enkelbeddens. Elke kamer spog ook met sy eie badkamer.
’n Privaat plonspoel en ’n boma met eenvoudige kombuisgeriewe skep die ideale ruimte om te ontspan, terwyl die volledig toegeruste kombuis (met gasstoof, yskas/vrieskas, mikrogolfoond en breekware) perfek is vir selfversorging.
’n Knisperende kaggel en ’n braaiplek nooi almal saam vir gesellige aandure onder die sterre. Hier kan jy die perfekte balans tussen natuur en gemak geniet.
Naweke
Inklok
Uitklok
Midweek
Inklok
Uitklok
Skoolvakansies
Inklok
Uitklok