Boskamp

3 STAANPLEKKE
1-12 MENSE

Op soek na ’n privaat wegbreekplek vir jou familie of vriendegroep? Die Boskamp bied ’n luukse kampeerervaring, net ’n klipgooi van die karavaanpark af.

 

Heirdie kampeerterrein fasiliteer tot 12 gaste en 3 voertuie, en is toegerus met elektriese kragpunte, waterpunte en ’n netjiese bosbadkamer. In die middel van die staanplek strek ’n groot boom sy takke oor die kamp, perfek vir luilekker middae in die koelte.

 

Omring deur die bos se stilte, die oggend se voëlgesang en die glinster van die naghemel, is dit die ideale wegbreekplek vir diegene wat die natuur ongesteurd wil waardeer.

3 Staanplekke
Braaier
Waterpunt
Kragpunte
Asblik met asblik diens
Ablusiegeriewe met Storte
Skottelgoed was geriewe
Koue Swembad
Snoep winkeltjie met:
  • Vuurmaakhout
  • Houtskool
  • Ys
  • Koeldrank
  • Draai roomys
  • Lekkergoed ens.
Trampolien by Karavaanpark
Klimraam
Speletjieskamer

Naweke

Inklok

10:00

Uitklok

15:00

Midweek

Inklok

15:00

Uitklok

10:00

Skoolvakansies

Inklok

14:00

Uitklok

10:00
  • ‘n Maksimum van 12 persone is toelaatbaar per Boskamp (3 gesinne).
  • Geen musiek word toegelaat nie.
  • Geen tente onder boom in middel van Boskamp toegelaat nie.
  • Geen troeteldiere word toegelaat nie.
  • Dagbesoekers slegs toegelaat wanneer daar vooraf met ontvangs gereël is.
  • Visvang vir kampeerders is gratis en op ‘n vang en los basis.

Ander Akkommodasie

Wild Whisper-Privaatkamp