Contact us 012-7351650
alt="Bass Lake Exclusive Camping"

Karavaanpark

Staanplekke

Bass Lake Lodge het 34 gelyk karavaan-staanplekke ​​om van te kies.

Alle staanplekke het kragpunte en is naby aan waterpunte. Die grootte van elke staanplek is 12 X 12 meter en ruim genoeg sodat almal in vrede kan kamp. Verskuifbare braaiers is by al ons staanplekke beskikbaar asook boma-konkas vir die koue winters aande.

Ons standaard reëls en regulasies is daarop gemik om jou kampervaring ten alle tye so aangenaam as moontlik te hou. Wees gerus dat jy ‘n rustige en vreedsame omgewing kan geniet sonder steurings soos harde musiek of onnodige inmenging in die natuurlike habitat.



alt="Bass Lake Country Lodge Karavaanpark"

Ablusiegeriewe

Ons het spesiale aandag en tyd spandeer aan die uitleg en ontwerp van ons ablusiegeriewe. Dit is naby aan die staanplekke en maak voorsiening vir  elke familielid se behoeftes. Dit is nie net funksioneel, gerieflik en silwerskoon nie, maar bied ook die geriewe wat ‘n mens laat tuis voel.

Bo en behalwe die normale ablusiegeriewe sluit Bass Lake se geriewe kinderwasbakke en familiebadkamers in. By die dameskant is daar ‘n tooi kamer met spieëls, kragproppe en stoele vir mooimaak en hare doen . Die ablusiegeriewe word elke dag tussen 6:00 vm en 9:00 nm skoongehou.

Rolstoel Vriendelik. Ons het ‘n spesiale badkamer ingerig om rolstoel vriendelik te wees. Staanplekke 28, 29 en 30 word aanbeveel vir  persone in rolstoele.

Ontspanning

Bass Lake karavaanpark bied ‘n verskeidenheid van prettige aktiwiteite aan om ons gaste deel te laat voel van die natuur. Ons twee damme is gevul met swartbaars en kurpers, wat opwindende hengel geleenthede vir amateur- en veteraanhengelaars bied. 

Verlustig jouself in ons natuurwandelpaadjies en wateraktiwiteite soos pedaalbootjies- of dryf sommer geluksalig op ‘n vlot. Ontspan en kuier luilekker in die buitelug met ‘n piekniek of braaivleisfeesmaal en kampvuurstories.

Ons het ook pragtige kouewater swembaddens met ‘n veilige kinderswembad

Doendinge

  • Bass en Kurper visvang in die somer en Forel visvang gedurende die winter maande.
  • Swem en ontspan in ons kouewater swembad en veilige kinder plonspoel.
  • Speel ‘n potjie Pool, Tafel Tennis of Windpomp hokkie “ Air Hockey” by die karavaanpark speletjies kamer.
  • Spring op ‘n trampolien.
  • Geniet die klimrame.
  • Ontspan op ‘n vlot.
  • Trap ‘n trapbootjie.
  • Gaan vir ‘n stappie of ‘n draffie.
  • Sien wild te voet.
  • Geniet voëlkyk.
  • Vang pragtige oomblikke met jou kamera vas.
  • Kom eet smullekker kos en vars gebakte koek by ons restaurant Spencer’s by die Lodge.
  • Kom geniet ‘n skemerkelkie by ons kroeg met ‘n uitsig, by die Lodge.

Ons het ook ‘n gerieflike snoep winkeltjie op die perseel, wat die volgende voorraad aanhou: (Ons hou geen kruideniersware of vars produkte aan nie)

  • Vuurmaakhout
  • Houtskool
  • Ys
  • Koeldrank
  • Draai roomys
  • Lekkergoed ens.

Boskamp @ Bass lake Lodge

Is jy op soek na iets meer privaat vir ‘n familie of vriendegroep? Ons het die kampplek net vir jou. Die Boskamp @ Bass Lake Lodge is ‘n luukse kamp, ‘n kort stappie van die Karavaan park af.

Die Boskamp kan ‘n maksimum van 12 kampeerders en 3 voertuie hanteer.

Met elektriese kragpunte, waterpunte, ‘n Bos badkamer en ‘n groot boom in die middel vir luilekker middae, is dit die ideale kampplek weg van alles.

alt="Bass Lake Country Lodge Boskamp"

Wild Whisper Privaat Kamp

Wild Whisper Privaat Kamp sluit die volgende in: ‘n Chalet, privaat plonspoel en ‘n Boma met ‘n basiese kampkombuis om maaltye voor te berei. Hierdie selfsorg kamp beloof om ‘n egte ervaring van die bosveld te gee. Die chalet het 2 slaapkamers met elk ‘n koningin-grootte bed en 2 enkelbeddens. Elke kamer spog ook met ‘n en-suite badkamer met ‘n stort.

Die volgende word verskaf:

  • Linne en bad handoeke
  • 2 Plaat gas brander.
  • Yskas/Vrieskas
  • Mikrogolf oond.
  • Breekgoed , messe en vurke.
  • Potte & Panne
  • Kombuis behore
  • Kaggel en Braaiplek.
  • Tafel en Stoele.

 

Kontak ons